Raad aan ‘n Pel (Emet Brothers)



[Intro]

Laat ek jou een ding vertel, ou pel,
of die song gaan jou inspireer of irriteer.
Ek vat eerder inspireer.

[Vers 1]

Ek het gevra vir die Here:
om watse rede?
Ek hou nie eers van rap nie.

Hy het gesê vir leiding na bevryding,
want as ek ‘n hart kan wen vir die Almagtige Here,
het ek vrede met my harde verlede,
en sommer ook my hede.

Heilige Gees,
kom vervang die vrees met U Gees
en die liefde van Jesus.

[Vers 2]

Ek vra vir jou, luister,
pasop vir die fluister wat jou siel verduister,
met ander woorde:
skinder minder,
voor jy jou siel verhinder.

Bid sodat jy kan onderskei
tussen die wêreld wat verlei
en die Woord van Lig versprei.

[Vers 3]

Ek en Heilige Gees gaan die vlees weglees
met die Bybel.

So pasop vir die duiwel van die kinderbybel,
want dit is al wat hy nou is.
Jesus het klaar gewen.

Voor jy wegloop,
terug na die stroop van wanhoop,
gee my ‘n kans,
ek sal jou verbaas.

[Vers 4]

Ek het vir jou ‘n checklist van Christus
en dalk gaan ek vir jou verleë,
maar dit is nie my bedoeling nie.

Ek kom met broederlike liefde van diepte.

Gee aandag,
ek gaan dit net een keer kan sê.

[Vers 5]

Is jy gedoop?
Ek sal so hoop,
want anders gaan die vyand vir jou sloop
van al jou hoop.

Na die doop kry jy ‘n nuwe hoop
en is dit baie belangrik om te bly in die Heilige Woord,
anders gaan die vyand oorboord
met die moord van jou geloof,
en werklik, hy sal jou kaal sloop.

Wees wakker,
vir jou Maker,
voor jy vou
binne-in die klou
van die slegte ou.

[Outro — Spoken / Build]

Hier is vir jou ‘n wenresep
op wat jy kan vertrou, my ou.

EFÉSIËRS 6:14–18

[14] Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,

[15] en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.

[16] Behalwe dit alles, neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.

[17] En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees — dit is die woord van God —

[18] terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees.

In die Naam van Jesus Christus,
ons Verlosser,
amen.

source

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You might like

© 2026 Cantinho do Vídeo - WordPress Video Theme by WPEnjoy